Home INTERVIEWS Get To Know Bittereinder Before Park Acoustics

Get To Know Bittereinder Before Park Acoustics

0
Get To Know Bittereinder Before Park Acoustics

Interview by Elmarie Kruger (@elmariekr)

Foto verskaf deur Bittereinder

 

Hulle gaan ons maak bons by Park Acoustics hierdie Sondag – is julle reg?  Ons klets met Bittereinder oor hul nuwe album “Dans Tot Die Dood”.

Julle het pas die musiekvideo vir julle nuutste single, “Hartseer Gangster” vrygestel. Wat is die konsep agter die video? Dis ‘n koortjie wat Peach al ‘n ruk lank mee rondneuk, wat ons al baie laat lag het. Toe Louis daai beat maak, en die koortjie werk net so goed daaroor, het die liedjie eintlik himself geskryf. Louis het klomp pop culture references gebruik om die wêreld van die video te skep, en die karakters wat hy en Peach speel is van die beste rolle wat hulle al in video’s gedoen het, as ek Jaco nou maar so mag sê.

Wat was die inspirasie agter die song se inhoud?
Dit gaan maar oor alleen wees, oor sukkel met identiteit in ‘n internet-chaos bedonnerde wêreld, en oor rap stereotipes.

In Oktober gaan julle julle nuwe album, Dans tot die Dood, vrystel. Wat kan luisteraars verwag?
Die nuwe album ondersoek in klank en liriek wat dit beteken om ‘n individu in ‘n geglobaliseerde maar spesifiek Suid-Afrikaanse samelewing te wees, en hoe dans ‘n teenargument vir mortaliteit is. Die klank is grootliks geïnspireer deur Europese synth-gedrewe dansmusiek en dromversierde moderne world music, so elke snit gaan baie goed werk as deel van die live set, dit was ook vir ons belangrik. Daar is ‘n drywende energie op hierdie stuk werk wat vir ons baie opwindend is, ons kan nie wag om dit los te laat nie.

Was daar enigiets wat vir julle uitgestaan het tydens die opname van die album?
Ons was in die berge van Mpumalanga vir ‘n week, weggesteek van die samelewing, en daar was ‘n mak kameelperd wat elke dag vir ons kom kuier het. Jerry the giraffe, legend. Meer spesifiek oor die opname self – dit was ‘n ongelooflike week, vir die eerste keer in ses en ‘n half jaar as ‘n band het ons reggekry om saam weg te gaan met geen ander doel as nuwe material skep nie. Louis is tans besig om ‘n “making of” video van die proses te maak (wat amper cooler as die album self is!), kyk uit vir dit.

Dans tot die Dood is ‘n interessante album titel – wat het julle daarop laat besluit?
Dis die twee grootste tema’s in die lirieke van die album, dans en dood. Mettertyd het ons besef dat dans op baie maniere die teenargument vir dood is, dis hoe jy ten volle vir jouself en ander bewys dat jy nog lewendig is.

Julle het die album opgeneem in Mpumalanga en julself afgesny van die buitewêreld. Sou julle sê dat dit julle klank beïnvloed het?
Definitief. Dit was ongelooflik lekker om elke oggend op te staan, saam breakfast en koffie te geniet, en dadelik in te spring waar ons gistraand opgehou het. So ons was die heeltyd deel van mekaar se kreatiewe prosesse, baie vinnige terugvoer op mekaar se werk, so ons het baie meer egalig en minder pynloos by daai “middelpunt” tussen ons drie uitgekom.

 

amsterdam-couch-01 (1)

 

Voel julle dat julle klank verander het in vergelyking met julle vorige albums?
Yip. Baie meer analog, regte synths en dromme, baie meer dans-gedrewe energie.

Wat kan die Park Acoustics gehoor van julle set verwag hierdie September?
Plenty of dink, plenty of dans. Ons gaan definitief ‘n klomp van die nuwe songs jam, sien baie uit vir dit. Plus ons sal van die nuwe albums beskikbaar hê.

Bittereinder is nie vreemdelinge op die Park Acoustics verhoog nie – hoe kry julle dit reg om julleself te herontwerp vir dieselfde tipe geleentheid?
Eintlik gaan hierdie net ons derde Park Acoustics set wees, ek dink baie mense imagine ons het al meer daar gespeel, maar ons is nie in daai Desmond-league nie haha. Ons was gebook vir een saam met Aking in 2011 by die Botaniese Tuine wat uitgereën het, maar behalwe vir dit het ons nog net twee gespeel (en Jaco het al een solo acoustic gespeel). So ons moes nog nie regtig te erg dink oor herontwerping nie 🙂

Tydens Park Acoustics in Julie het Jaco akoestiese weergawes van ‘n paar van Bittereinder se mees bekende songs gedoen – hoe het die skare dit ontvang?
Meestal met hulle ore. Haha jammer. Redelik goed, dis iets wat Jaco nou al van die begin van 2015 af meer gereeld doen, die set kom lekker aan. Hier’s hoe “Die Woud” geklink het by daai show

 

Park Acoustics Event

Volg Bittereinder

Like Bittereinder

Comments

0 comments

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here