Interview deur Vicky Jankiewicz (@Vicky_JKWICZ)

Fotos verskaf deur Rachelle Crous Publicity

 

“Dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous. Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous.”

Bittereinder se nuwe musiek video het hierdie week die internet getref met ‘n harde hou, en terwyl dit een van hul rustiger songs is, is dit lekker om nog ‘n co-lab te sien (hierdie keer met niemand anders as Chris Chameleon).

In die official press release het Chris hierdie te se gehad oor die maak van “Kulkuns”:

“Asof die samewerking met Bittereinder aan ‘Kulkuns’ nie genoeg pret was nie, het die manne my ook ingespan om saam met hulle in die video te wees! Die dag op stel het baie maklik verloop. Dit was asof ons almal deurgaans op dieselfde bladsy was en ons het baie verrig in ‘n kort tydjie. Dis of ‘n geval van swape wat nie verskil nie, of goeie begrypers wat van mekaar net halwe woorde nodig het. Hoe dit ookal sy, ek het nie gedink ek kan ooit so glad lyk nie… Dis voorwaar een om op trots te wees!”

Ons het met Jaco opgevang van Bittereinder om bietjie meer info te kry oor wat ‘behind the scenes’ aangegaan het:

 

“Kulkuns” is ‘n rustiger liedjie as julle gewone songs, vertel ons meer van die konsep van die video?

Dis skaduwees, smoke & mirrors, koekeloergaatjies en silhouette wat die idee van kulkuns uitbeeld.

Is hierdie song vir iemand spesifieks geskryf?

Almal wat al leuens geglo het, en almal wat al gejok het.

 

KULKUNS-banner-2013-02

 

Hoe het dit gebeur dat julle besluit het om met Chris Chameleon te werk?

Hy is al van high school af ‘n groot inspirasie as skrywer, musikant en performer vir al 3 van ons. Ons het op ‘n punt agtergekom hy hou van wat Bittereinder doen, en toe skraap ons genoeg moed bymekaar om hom te vra om ‘n liedjie saam met ons te doen. Ek het klaar die koortjie geskryf en gedink hoe goed Chris sou pas op die liedjie.

Het julle saam die liedjie geskryf?

Ek het sy vers en die koor geskryf, en toe die konsep vir Chris verduidelik. Hy het dadelik ingespring met ‘n paar van sy eie voorstelle, dat hy ‘n “liefdesvers” sou skryf wat die “jy” sentraal maak, waar my se vers die “ek” sentraal gemaak het. Twee tipe leuens wat harte reg oor die wêreld al vir eeue wegflous…

Is daar dalk ‘n moontlikheid dat julle ooit die song op stage saam sal kan perform?

Definitief.

 

Kyk die video hier:

 

Vind meer uit oor Bittereinder op hul Website 

Like Bittereinder op Facebook 

Volg Bittereinder op Twitter

Luister na meer op Soundcloud

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here