Foto deur : Louise Pieterse (@Louise_Pieterse)

Hiermee die derde aflewering van Slaapkamer Sessies reeks, gee Deon vir ons ‘n uitsig oor Jeffreysbaai.

Deon sê self oor die een : “Mense mag dalk na hierdie episode kyk en dink dit tel nie aangesien ek nie heeltemal ín  die slaapkamer is nie, maar ek het net die bed tot op die balkon geskuif sodat mens die see beter kan sien.  Ek het gekuier by my ouers in Jeffreysbaai en het toe gesoek vir ‘n slaapkamer wat lekker op die see uitkyk.  Ek dink die idilliese opset spreek nogal tot die liedjie wat handel oor die tema van slegs oorlewing vs. ‘n sinvolle lewe (en goed soos huurgeld).  My ekstra instrumente was bietjie beperk dié week, maar mens hoor heeltyd die see in die agtergrond waarvan ek nogal baie hou.”


Vir episode 2 en ‘n onderhoud met Deon kliek HIER

Vir al die addisionele inligting oor Slaapkamer Sessies, kliek HIER

Kyk uit vir volgende week se episode!

Deon Meiring deur Louise Pieterse
Deon Meiring deur Louise Pieterse

 

 

 

 

1 COMMENT

  1. […] Deon sê self oor die een : “Ek het hierdie week op Facebook gevra vir ‘n slaapkamer, en my vriend Anthony was die eerste om syne aan te bied.  Hierdie keer het ek die liedjie se wysie op ‘n klein musiekboksie gesit. Die liedjie is geïnspireer deur hoe mens baie keer vreemde verwagtings het van plekke en die mense wat daar bly en hoe mens baie kan ontdek as jy sommige van daai verwagtings laat vaar.” Vir Slaapkamer Sessie #3  KLIEK HIER […]

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here