Onderhoud deur Janus De Villiers (@hallojanus)

Fotos deur Christelle Duvenage Photography (@StellaTeleur)

In Augustus 2006 het ‘n paar vriende in die studentedorpie van Potchefstroom bymekaar gekom met ‘n droom wat soveel van hul vriende en soveel student al voor hul probeer realiser het – en ‘n band begin. Min het die outjies geweet dat hulle groep Straatligkinders een van Suid-Afrika se mees suksesvolste rockgroepe sal word.

 

Straatligkinders by Christelle Duvenage Photography

Met MK Awards, vele nommer 1 singles op radiostasies regoor die land en selfs ‘n musiekvideo wat opslae buite ons land se grense gemaak het en ‘n gunsteling op die musiekkanaal MTV Africa was – het Straatligkinders hulself oor en oor bewys as ‘n rockgroep waarvan Suid-Afrikaners tieners nie genoeg kon kry nie.

Maar 6 jaar later – en Straatligkinders moet weer onder begin en hul pad in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie opstoei. Na ‘n breuk wat die bandmemebers die geleentheid gegee het om ‘n rits ander pop- en rockgroepe te stig en opnuut vir hulself naam as musikante te maak, probeer Straatligkinders met hul nuwe lied “Duiwel Dans” weer hul fans remind hoekom hulle eens op ‘n tyd legends was.

Ek het met Bouwer Bosch, deesdae meer bekend as ‘n bubblegum popsanger en lid van Dans Dans Lisa as screamo leadsinger, gaan gesels oor Straatligkinders se come-back en hulle planne vir die toekoms:

Na 538 dae van afwesigheid is julle weer terug op die scene. Voel dit asof julle weer van voor af naam vir julself moet maak?

Om eerlik te wees, weet ons dat dit weer harde werk aan die begin gaan vat om seker te maak almal weet dat ons weer aan die gang is.

In Suid Afrika moet jy jou ondersteuners se respek verdien en ons gaan hulle moet oorreed dis die moeite werd om ons weer te ondersteun. Ons weet darm dat daar reeds ‘n lekker 4 jaar fondasie is, maar daar het so baie nuwe bands intussen bygekom dat ons onsself heeltyd moet re-invent en moet by bly met wat nou aangaan in die bedryf.

Daar was baie side-projects tydens Straatligkinders se hiatus. Wat word nou van hierdie bands/projekte?

Alles gaan steeds aan. Ons sien dit nie as side-projects nie.  Ons probeer soveel aandag as moontlik aan alles gee.  Al wat ons het is musiek.

Wanneer het julle besluit op ‘n Straatligkinders ‘come-back’?

Ons het in Maart 2012 vir die eerste keer weer lekker gekuier (Ek bly nie meer in Potch nie, so ons sien mekaar baie minder) en toe het ons almal maar net gevoel dat nou ‘n goeie tyd is om die bal aan die rol te kry. Alles vat tyd, en ons het toe al begin skryf en nou eers begin record. Ek dink eers teen 2013 sal dit regtig voel of ons terug is!

Die plan van die begin af was om ‘n break te vat maar glad nie op te breek nie. Dinge het automaties vir ons begin in plek val, en dit het ons “comeback” geword.

Julle is ‘n trotse Potch band. Hoeveel van julle woon nog permanent in Potchefstroom?

Hein, Ruan en Ben bly nog in Potch.  Ek bly al amper 2 jaar in Pretoria.

Hoe het die skryfproses gewerk vir die nuwe album?

Ek het helfte van die songs in Pretoria geskryf en die ander manne het die ander helfte in Potch.  Ons het eers in die studio vir die eerste keer mekaar se songs gehoor. Dit was nogal ‘n awesome experience – ons vertrou mekaar baie vertrou met songwriting.

Ben het sy amazing harder styl na die tafel gebring, en ons almal kon lekker spoeg en plak in pre-production. Ek het meer die pop elemente ingebring, maar gelukkig het die ander darm bietjie hier en daar gehelp dat ons nuwe album nie ‘n sokkie album word nie.

Straatligkinders by Christelle Duvenage Photography

Waaroor gaan julle eerste single, “Duiwel Dans”?

Dit gaan oor die fyn balans tussen verkeerde keuses en slegte keuses en hoe mens altyd steeds in ‘n mate beheer kan hê oor situasies – al voel dit nie soms so nie.  Die song is in Maart geskryf toe ek begin het met klavier les.  Dit was die eerste song ooit wat ek op klavier geskryf het, en ek het gedink as mens band elemente inbring kan hy lekker stout uitdraai.

Hoe het julle besluit op die tema vir die video?

Ons vriend Johan Cronje van Nouvanaand Films het alles gedoen.

Die konsep was sy baby gewees. Ons het net opgedaag en gedoen wat hy sê.

Ons het al geleer om nie altyd in te meng met ander se kreatiewe prosesse nie.  Ons ken vir Johan van ons universiteits-dae af en wou nog altyd saam hom iets doen.

Hoe het die recording proses verskil van julle vorige albums?

Ons het baie vinniger gewerk hierdie keer omdat die songs klaar geskryf was toe ons aangekom het in studio.  Vorige kere het ons nog baie songs oor gedoen en nuwes probeer skryf in studio.

Wie was julle producer vir die nuwe album?

Francois de Klerk (Allen na Desember) en Ewald Janse van Rensburg (Soul Proxy). Hulle is van Lightstain studios in Potch.

Francois het ‘n baie vars en unieke oor vir wat werk, en Ewald is baie goed met afronding. Dis die eerste keer wat ons 2 producers het, en dit het baie lekker so gewerk.

Julle is almal baie aktief op Twitter. Hoe belangrik is die gebruik van social media vir bands?

Ek weet hoe baie dit vir my beteken as my favourite kunstenaar reply op iets wat ek vra of iets sê.  So ek weet hoe baie dit vir ander up and coming musikante betken wat ons vrae vra of sommer net wil gesels.  Social media maak die musiek baie meer persoonlik en ons sal maar altyd probeer om bietjie meer as net musiek vir ons ondersteuners te gee.

Hoe is die Straatligkinders van 2012 anders as die Straatligkinders van 2006?

Ons is baie meer doelgerig.

Toe ons begin het was ons jonk en arrogant en het die hele band opset approach as ‘n tydelike fun ding.

Ek dink ons verstaan nou hoe dinge werk en probeer beter besluite neem rondom ons musiek sodat ons nie met dieselfde frustrasies sit as voorheen nie. Ons het verseker baie gegroei as skrywers en mense. Dis altyd lekker om te sien hoe mense verander oor ‘n tydperk, veral vir die beter.

Wat die klank van 2006 en nou aanbetref is daar verseker ‘n verskil. Dit sal dom wees om dieselfde tipe sound en album uit te bring 6 jaar later.  Mens moet evolve en nuwe goed probeer en jouself ‘n kans gee om te verander.

Ek’s seker alle bands loop ‘n normale paadjie van verander as dit kom by hulle musiek.  Byvoorbeeld, Muse se nuwe songs het heelwat Dubstep elemente in en dis ‘n teken van groei en sticking with the times.

Planne vir die res van die jaar?

Vir nou, om alles reg te kry dat die album in November kan uitkom.  Op die oomblik werk ons aan ‘n lekker desember toer om die album op ons ondersteuners se lippe te kry en dan hopelik bietjie van ‘n vakansie te vat voor 2013, wat nogal ‘n wille jaar gaan wees as al ons planne uitwerk.

Like hulle op Facebook en volg die manne op Twitter!

Straatligkinders by Christelle Duvenage Photography

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here